|
Article on other languages:
|
Ethiopië, formeel die Federale Demokratiese Republiek Ethiopië, is 'n land in Oos-Afrika. Ethiopië grens aan Eritrea, Djiboeti, Somalië, Kenia en Soedan. Die land het 76.511.887 (2007) mense en die hoofstad is Addis Abeba.
AardrykskundeOppervlakte: totaal: 1 127 127 vk km. land: 1 119 683 vk km. water: 7 444 vk km. Klimaat: tropiese moeson met wye tipografies meegebringde verskeidenheid. Terrein: hoë plato met sentrale bergreeks geskei deur Grootskeurvallei. Natuurlike hulpbronne: klein reserwes goud, platinum, koper, potas, aardgas, waterkrag. MenseBevolking: 67,851,281 nota: skattings vir dié land hou uitdruklik rekening met die uitwerking van ekstra sterftes weens vigs; dít kan 'n laer lewensverwagting meebring, meer suigelingsterftes en hoër sterftesyfers, laer bevolkings- en groeikoerse, en veranderinge in die verspreiding van die bevolking deur ouderdom en geslag as wat andersins verwag sou gewees het (Julie 2004-skatting). Nasionaliteit: naamwoord: Ethiopiër(s). byvoeglik: Ethiopies. Etniese groepe: Oromo 40%, Amhara en Tigre 32%, Sidamo 9%, Shankella 6%, Somali 6%, Afar 4%, Gurage 2%, ander 1%. Godsdienste: Moslem 45% - 50%, Ethiopies-Ortodoks 35% - 40%, animiste 12%, ander 3% - 8%. Tale: Amharic, Tigrinya, Orominga, Guaraginga, Somali, Arabies, ander plaaslike tale, Engels (belangrikste vreemde taal wat in skole onderrig word). RegeringLandnaam: konvensionele lang vorm: Federale Demokratiese Republiek van Ethiopië. konvensionele kort vorm: Ethiopië. Regeringsvorm: bondsrepubliek. Hoofstad: Addis Abeba. Onafhanklik: oudste onafhanklike land in Afrika en een van die oudste ter wêreld - minstens 2 000 jaar. Grondwet: bekragtig in Desember 1994; van krag op 22 Augustus 1995. Regstelsel: tans oorgangsmengsel van nasionale en streekhowe. EkonomieBBP: koopkragpariteit - $46.81-miljard (2003-skatting). BBP - per kop: koopkragpariteit - $1370 (2008-skatting) (IMF). Nywerhede: voedselverwerking, drinkgoed, tekstielstof, chemikalieë, metaalverwerking, sement. Geldeenheid: 1 birr (Br) = 100 sent.
|
||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.