Eritrea

Article on other languages:

Eritrea is 'n land in die ooste van Afrika. Die land grens in die noordweste aan Soedan, in die suide aan Ethiopië, in die suidooste aan Djibouti en in die ooste en noordooste aan die Rooi See. Eritrea was op 'n tyd 'n provinsie van Ethiopië gewees. Sedert 1993 is die land onafhanklik, maar omdat dit Ethiopië van die Rooi See afsny, is daar voortdurend spanning tussen die twee lande.

Inhoud

Aardrykskunde

Kaart van Eritrea

Oppervlakte: totaal: 121 320 vk km. land: 121 320 vk km. water: 0 vk km. Klimaat: warm, droë woestynstrook langs Rooi See-kus; koeler en natter in die sentrale hoogland (tot 61 cm reënval jaarliks); semi-dor in westelike heuwels en laagland; reënval swaarste gedurende Junie-September, behalwe in kuswoestyn. Terrein: oorheers deur uitbreiding van die Ethiopiese noordsuid-neigende hoogland, daal in ooste tot 'n kuswoestynvlakte, in die noordeweste tot heuwelagtige terrein en in die suidweste tot plat tot golwende vlaktes. Natuurlike hulpbronne: goud, potas, sink, koper, sout, moontlik olie en aardgas, vis.

Mense

Bevolking: 4,447,307 (Julie 2004-skatting). Nasionaliteit: naamwoord: Eritrees (-ese). byvoeglik: Eritrees. Etniese groepe: etniese Tigrinië 50%, Tigre 30%, Kunama 10%, Afar 4%, Saho (Rooi See-kusbewoners) 3%, ander 3%. Godsdienste: Moslem, Koptiese Christen, Rooms-Katoliek, Protestants. Tale: Afar, Arabies, Tigre, Kunama, Tigrinya, ander Kusjitiese tale.

Regering

Landnaam: konvensionele lang vorm: Staat van Eritrea. konvensionele kort vorm: Eritrea. Regeringsoort: oorgangsregering. nota: ná 'n geslaagde referendum oor onafhanklikheid vir die Outonome Gebied van Eritrea op 23-25 April 1993, is 'n nasionale vergadering wat heeltemal bestaan het uit die Volksfront vir Demokrasie en Justisie of PFDJ, gestig as 'n oorgangswetgewer; 'n konstitusionele kommissie is ook gestig om 'n grondwet te skryf; ISAIAS Afworki is tot president verkies deur die oorgangswetgewer; die grondwet, wat in Augustus 1997 bekragtig is, het nie in werking getree nie hangende parlementêre en presidensiële verkiesings; parlemenêre verkiesings was veronderstel om op Dsember 2001 plaas te neem, maar dié verkiesings is onbepaald uitgestel ná die begin van die grenskonflik met Ethiopië. Op die oomblik is The People's Front for Democracy and Justice (PFDJ) die enigste wetlike party. Hoofstad: Asmara (voorheen Asmera). Onafhanklik: 23-25 April 1993 is 'n referendum gehou ten gunste van onafhanklikheid; 24 Mei 1993 (van Ethiopië; voorheen die Eritrea Outonome Gebied). Grondwet: die oorgangsgrondwet, afgekondig op 19 Mei 1993, is vervang deur 'n nuwe grondwet, wat aanvaar is op 23 Mei 1997, maar word nog nie toegepas nie. Regstelsel: funksioneer op die grondslag van oorgangswette wat insluit voor onafhanklikheid-verordenings van die Eritrese Bevrydingsvolksfront, gewysigde Ethiopiese wette, gewoontereg en postonafhanklikheidswette.

Ekonomie

BBP: koopkragpariteit - $3.3-miljard (2002-skatting). BBP - per kop: koopkragpariteit - $700 (2002-skatting). Nywerhede: voedselverwerking, drinkgoed, klere en tekstielstof. Geldeenheid: 1 Eritrese nafka = 100 sent.


 
Lande in Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Mauritanië | Mauritius | Marokko | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Principe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Wes-Sahara | Zambië | Zimbabwe

Afhanklike gebiede: Brits: Britse Indiese Oseaan Gebied - Sint Helena en afhanklikhede| Portugees: Madeiraeilande |

Spaans: Kanariese-eilande - Ceuta en Melilla | Frans: Mayotte - Réunion

Article keywords: dehai eritrea, eritrea ethiopia music, eritrea music, asmarino eritrea news, ethiopia eritrea, eritrea map, eri eritrea girl gual, eritrea eritrea ethiopia ethiopia lonely lonely planet planet, eritrea hotel,

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.