|
Article on other languages: |
Ellispark-stadion, ook bekend as Coca-Cola Stadion nadat die Coca-Cola Maatskappy die naam regte vir R450m gekoop het, is 'n stadion wat in Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika geleë is. Die naamsverandering na Coca-Cola Stadion was op 4 Julie 2008 amptelik bekend gemaak. Die Rugby Wêreldbeker eindstryd van 1995, waar die Springbokke geseëvier het, het daar plaasgevind. Die groot stadion was die land se mees modernste toe dit in 1982 opgegradeer is om vir bykans 60 000 toeskouers voorsiening te maak. Vandag word beide sokker- en rugbywedstryde daar gespeel en word dit ook gebruik vir ander groot geleenthede, soos onder andere opelug konserte. Die enigste tyd wat daar nie Rugby gespeel is op die stadion nie, was tydens die 1980 en 1981 seisoene toe die stadion opgegradeer is. 'n Stormloop deur toeskouers in 2001 by 'n sokkerwedstryd het gelei tot die dood van 42 mense en dit bly tot vandag toe (2006)die grootste tragedie van sy aard wat nog ooit in Suid-Afrika voorgekom het. Die stadion is vernoem na Mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die bou van die stadion beskikbaar gestel het. Liga-, provinsiale- en internasionale wedstryde is al op die stadium gespeel en bekende sokkerspanne soos Manchester United en Arsenal het al hier gespeel. Ellispark-stadion is die middelpunt van 'n sportsentrum in die suid-ooste van Johannesburg waar dit begrens word deur die Johannesburg-stadion (atletiek), die Standard Bank-stadion (tennis) en 'n Olimpiese-standaard swembad. Ellispark-stadion is die tuisveld van die volgende spanne:
Krieketwedstryde het ook al in die stadion plaasgevind in die verlede. Ses toetswedstryde het tussen 1948 en 1954 daar plaasgevind maar dit is nie weer vir eersterangse krieket gebruik sedert die opening van die Wanderers Stadion in 1956 en word tans slegs vir rugby en sokker gebruik. In 1889 is die Transvaalse Rugby Voetbalunie gestig (nou bekend as die Goue Leeus). Hul eerste wedstryde is by die Wanderers klub gespeel wie se gronde toe nog by geleë was waar die Johannesburg Park stasie vandag is. GeskiedenisGeskille tussen die verskillende Rugbyklubs destyds en ook die Wanderer's se eis dat die veld vir krieket gebruik moet word het die TRVU genoop om na 'n alternatief te kyk. 'n Gebied wat voorheen gebruik is vir die stort van Rommel is in 1927 in Doornfontein geīdentifiseer as die moontlike alternatief. Die TRVU het met die Johannesburgse stadsraad se Mnr. JD Ellis (na wie die stadium vernoem is) onderhandel om die 13 akker en is die gronde toe beskikbaar gestel. Die finale huur-ooreenkoms is op die 10de Oktober 1927 onderteken. 'n Kwotasie vir £600 is aanvaar vir die lê van die gras vir die stadion en met 'n £5 000 lening van die stadsraad af, het die bou van die stadion 'n aanvang geneem. Die stadion is in agt maande voltooi en die eerste toets teen die All Blacks is in Junie van 1928 daar gespeel. Skares van tussen 38 000 en 'n rekordskare van 100 000 tydens die toets teen die Britse Leeus in 1955 het al wedstryde daar bygewoon. Krieketwedstryde is ook daar gespeel na 'n ooreenkoms tussen die TRVU en die Transvaalse krieketunie bereik is. Tussen 1947 toe die krieketblad gelê is tot en met 1956 is verskeie internasionale wedstryde daar gespeel tot en met die finale wedstryde van die 1953/1954 reeks teen Nieu-Seeland. Krieket is toe geskuif na die huidige Wanderers stadion. Op 28 April 1969 het die TRVU (Transvaalse Rugby Voetbalunie) 'n komitee gestig om die moontlikhede van 'n nuwe stadion te ondersoek aangesien die een in gebruik nie aan al die moderne vereistes voldoen het nie. Slegs vyftien jaar laterna die wedstryd tussen Transvaal en die Wêreldspan op 31 Maart 1979, is die ou Ellispark-stadion gesloop. Wedstryde is te Wanderers gespeel terwyl die nuwe stadion in aanbou was. 'n Nuwe TRVU bestuur is in 1984 verkies met Dr Louis Luyt as Voorsitter en Prof Joe Poolman as ondervoorsitter. Die besluit is toe geneem om Ellispark-Stadion onder die bestuur van 'n trust te plaas. In 1987 na die notering van Ellispark-Stadion op die beurs en vanweë beter finansiële bestuur onder Dr Luyt is daar aangekondig dat die uitstaande skuld ten bedrae van R53 miljoen ten volle betaal is en dat daar voortgegaan sou kon word met die oprig van 86 nuwe losies. In 1995 het die rugbykoors hoog geloop in Suid-Afrika toe dit die gasheerland was vir die Rugby Wêreldbeker, die grootste gebeurtenis op die Rugbykalender. Ellispark was dan ook waar die Wêreldbekereindstryd op 24 Junie 1995 gespeel is. Die skouspelagtige eindstryd is deur 62 000 toeskouers by die stadion en miljoene TV-kykers aanskou. Suid-Afrika het die wedstryd met 15-12 gewen in ekstra tyd. Op die 11de April 2001 tydens 'n plaaslike wedstryd tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates het 'n stormloop deur die skare gelei tot die grootste lewensverlies vir 'n ramp van so 'n aard ooit in Suid-Afrika. (Sien ook: Ellispark-Stadionramp) In 2005 is geskiedenis gemaak toe Ellispark-Stadion die eerste stadion in Suid-Afrika geword het met 'n swart meerderheidsaandeelhouding. ToekomsEllispark-stadion sal die gasheer wees van een van die halfeindwedstryde van die 2010 Sokker Wêreldbeker. Die kapasiteit van die stadion sal daarvoor opgegradeer word om 'n verdere 10 000 mense te akkomodeer, 'n totaal van 70 000 sitplekke. Daar gaan nuwe rye sitplekke heel bo agter elkeen van die doelpale aan die noorde- en suidekant van die stadion bygevoeg word. Eksterne skakels
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.