|
Article on other languages:
|
Die elektron is 'n subatomiese partikel. Elektrone omring die kern van protone en neutrone in 'n elektronskikking. Die Engelse woord electron is in 1894 van electric afgelei, waarvan die oorsprong die Griekse woord 'ηλεκτρον is, wat barnsteen beteken. Elektrostatiese lading kan verwek word deur barnsteen teen die pels van 'n dier, bv. 'n kat, te vryf. Die laaste deel, -on, wat deur meeste subatomiese partikels gedeel word, is van die woord ioon afgelei. Elektrone het 'n elektriese lading en lewer 'n elektriese stroom wanneer hulle beweeg; alle elektrisiteit word deur bewegende elektrone veroorsaak. Omdat die wyse waarop atome op mekaar reageer deur die kwantum-meganiese interaksies van elektrone vasgestel word, bepaal elektrone die chemiese eienskappe van elemente en maak hulle 'n fundamentele deel van chemie uit. Article keywords: elektron user, elektron monomachine, magnesium elektron, elektron machinedrum, |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.