|
Article on other languages: |
Crux, wat ook onder sy Afrikaanse naam Suiderkruis bekend staan, is die kleinste sterrebeeld in die hemel. Weens sy mooi sigbaarheid, die duidelike ooreenkoms van benaming en vorm en sy simboolkrag as kenmerk van die suidelike tropiese hemel is dit egter een van die beroemdstes. Die Suiderkruis is 'n sterrebeeld van die herfstelike naghemel in die Suidelike Halfrond en dus byvoorbeeld nie sigbaar vanuit lande soos Kanada nie; maar wél in gebiede benede 'n breedtegraad van +30°. Die kruis self word gevorm deur die sterre Acrux (Alpha Crucis), Mimosa (Beta Crucis), Gacrux (Gamma Crucis) en Delta Crucis. Die Crux bereik sy kulminasie op 1 Mei om tien uur saans. OorsprongDaar is feitliks niks bekend oor die geskiedenis van hierdie sterrebeeld nie, aangesien die antieke sterrekykers soos byvoorbeeld Ptolemeus dit gewoonlik as die voet van die Centaurus beskryf en nie as een van die tradisionele sterrebelde beskou het nie. In die antieke tyd is die Suiderkruis vir mense in die Mediterreense lande nog steeds in die naghemel sigbaar; later verander sy ligging danksy die presessiebeweging van die aarde en beweeg dit in suidelike rigting. Die Suiderkruis verwerf eers tydens die verkenningsvaarte van die Portugese en Spanjaarde tydens die 15de en 16de eeu weer bekendheid; hulle beskou dit as 'n godsdienstige simbool wat hulle aanspoor om verder te gaan. Die kruis dien ook as 'n oriëntasiepunt, aangesien sy vertikale as na die suidelike hemelpool wys. Die eerste klassifisering as 'n selfstandige sterrebeeld in die jaar 1679 word aan die Franse sterrekundige Augustin Royer toegeskryf. Sy eweknie vir bewoners van die Noordelike Halfrond is die Noorderkruis - die sterrebeeld Cygnus (Swaan). Die vyf helderste sterre van die Suiderkruis (α, β, γ, δ and ε Crucis) verskyn op die nasionale vlae van Australië, Brasilië, Nieu-Seeland (hier ontbreek egter die epsilon-ster), Papoea-Nieu-Guinee en Samoa. Daarnaas versier dit ook die vlae van die Australiese staat Victoria, die Australiese Hoofstadgebied van Canberra en die Noordelike Gebied (Northern Territory) van Australië, die Magallanes-gebied van Chili en 'n aantal Argentynse provinsiale vlae en simbole. Die vlag van die Suid-Amerikaanse handelsone Mercosur wys vier van die helderste sterre, waarby soos in die geval van Nieu-Seeland epsilon weggelaat is. 'n Steensimbool van die sterrebeeld is in die historiese Inkastad Macchu Picchu gevind. Sterrekundige voorwerpe
Die Suiderkruis as simbool op vlae'n Aantal lande van die Suidelike Halfrond soos Australië, Brasilië, Papoea-Nieu-Guinee, Samoa en Nieu-Seeland beeld die vyf helderste sterre van die Suiderkruis op hul vlae uit:
Article keywords: crux of the matter, define crux, crux news, crux ansata, crux definition, crux shadow, crux gemmata, axis crux, 3.2.5 crux, |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.