Ceuta

Article on other languages:

Ceuta is 'n vrye hawe en militêre pos aan die oostelike kant van Gibraltar op die kus van Noord-Afrika met 'n bevolking van sowat 70 000.

Dit word deur Spanje saam met Melilla as deel van die provinsie Cádiz geadministreer. Motorveerboete verbind Cueta met Algeciras. Die gebied is in 1580 deur Spanje in besit geneem. Van hier word handel gedryf in tabak en olieprodukte.

Van die besienswaardighede sluit onder meer die ou fort Monte Hacho, die 15de-eeuse katedraal en "Nuestra Señora de África" (uit die 18de eeu) in.

Article keywords: pisos en ceuta, ceuta spain, ceuta melilla,

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.