Bybel

Article on other languages:

Die Bybel van Christian III van Denemarke, die eerste Deense vertaling. Gedruk in Kopenhagen, 1550.

Die Bybel is die "heilige boek" van die Christene. Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia (boeke), wat 'n meervoud is van βιβλιον biblion (wat oorspronklik papirus beteken en later gebruik is as aanduiding van papier, geskrif, boek(rol)).

Die Bybel bevat drie verskillende versamelings boeke:

  1. Die Ou Testament, ook die Hebreeuse Bybel genoem. Dit is geskryf gedurende die eeue heen en dit bestaan oorspronklik vir die grootste deel in Hebreeus met enkele Aramese paragrawe. (die Tanach is anders georden).
  2. Die Apokriewe Boeke, boeke buiten die kanon van Nicea.
  3. Die Nuwe Testament, geskryf gedurende die tweede helfte van die eerste eeu na Christus, in moderne Grieks (koinè-Grieks).

In breë trekke gaan die Bybel oor hoe God as skepper met die mens in tyd en ruimte omgegaan het, die plek van die mens in verhouding tot die skepping, die skepper en die heelal en inbreek van ewigheid (domein van God) in die tyd (domein van die mens).

Dit is die mees verspreide boek in die wêreld, waar daar in die laat 20ste eeu meer as 20 000 000 kopieë[verwysing benodig] in omloop was. Dit is uniek in baie opsigte, waarvan vertaling en skrywers net 'n paar is.

Inhoud

Die terme Bybel en Heilige Skrif

Die meervoudsvorm biblia ("boekrolle, boeke") van die Griekse woord biblion is in die antieke tyd as die eenvoudsvorm van 'n Latynse vroulike term een ook as 'n sinoniem van die Griekse term hagia graphae ("Heilige Skrif") geïnterpreteer.

In sowel die Joodse asook die Christelike godsdiens word hierdie versameling van boeke as 'n openbaring van God beskou en het dus 'n normatiewe karakter vir die godsdiensbeoefening.

Met die uitsondering van die teorie van verbale inspirasie, wat 'n tyd lank in die Rooms-Katolieke Kerk en die Ortodokse Evangelies-Lutherse Beweging (en nog steeds in baie sektariese groeperings) word die Bybel in die meeste Christelike denominasies nie regstreeks en heeltemaal as die resultaat van goddelike inspirasie of diktaat beskou nie, maar eerder as 'n menslike en dus ook variabele getuienis beskou, wat die openbaringe van God bevat, reflekteer en toeganklik maak.

Vir die Joodse godsdiens is die Tora, en hier veral die verbond, wat God by die berg Sinaï met Israel gesluit het, die "woord van God". Christene beskou Jesus Christus as die sentrale figuur in die Heilige Skrif, wat ook hulle betekenis verlig. Met die kanonisering van die Nuwe Testament het die kerk ook besluit om die Hebreeuse Skrifte as die "woord van God" te erken.

Die inhoud van die Bybel

Ou testament

Bybel

Apokriewe boeke

Nuwe testament

Eksterne skakels

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.