|
Article on other languages:
|
Die Republiek van Botswana (Tswana: Lefatshe la Botswana) is 'n land in suider Afrika. Die land was voorheen die Britse protektoraat Betsjoeanaland binne die Volkebond. Met onafhanklikheid op 30 September 1966 verander die land se naam na Botswana. Dit word begrens deur Suid-Afrika in die suide, Namibië in die weste en noord, Zambië in die noordoost, en Zimbabwe in die ooste. Die land se ekonomie, nou verbind aan die van Suid-Afrika, word oorheers deur mynbou, veral diamante; beesboerdery; en toerisme. Die land is vernoem na sy grootste etniese groep, die Tswana. Die hoofstad is Gaborone.
|