|
Article on other languages: |
Die Bergrivier is die tweede grootste rivier in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika. Dit is naastenby 294 km lank met 'n opvanggebied van 7 715 km² en mond uit in die Atlantiese Oseaan. Omtrent 65% van die Bergrivierarea is onder landbou-aktiwiteite. Die hoofdorpe in die Bergrivierarea is Velddrif en Laaiplek naby die kus, Piketberg, Hopefield, Moorreesburg en Darling meer binneland toe en Wellington, Paarl en Franschhoek naby die oorsprong. Die Bergrivier speel ook jaarliks in Julie gasheer vir een van die langste kanomaratons in die wêreld, die Bergrivier-kanowedvaart. Eksterne skakels
|
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.