|
Article on other languages:
|
Die atmosfeer is die gaslaag wat om die aarde voorkom. Die aantrekkingskrag van die aarde hou die atmosfeer in posisie sodat dit saam met die aarde om sy eie as en om die son roteer.
Samestelling van die atmosfeer
Struktuur van die atmosfeerDie atmosfeer bestaan uit vier verskillende lae of sfere, elk met sy eie funksie: Die osoonlaagDaar is 'n osoonlaag hoog bo die aarde wat skadelike sonstrale afskerm. Die osoonlaag bestaan uit gasse soos osoon, suurstof, stikstof, koolstofdioksied en edelgasse. Osoon is 'n diepblou gas bestaande uit drie chemies-verbonde suurstofatome wat hoofsaaklik in die stratosfeer voorkom. Die osoonlaag is die aarde se natuurlike beskerming teen die son se skadelike ultravioletstrale. Die gat in die osoonlaag is die eerste keer in 1985 ontdek. Hierdie gat het tot in 2000 gegroei tot 24 miljoen km2 (drie keer so groot soos Amerika). Dikte van die atmosfeerDie aarde se atmosfeer strek tot so hoog as 1 000km en hoër. Dáárom is dit moontlik om atmosferiese wrywing op satelliete waar te neem.
LugbesoedelingOorsake van lugbesoedelingLugbesoedeling is die gevolg van sowel natuurlike prosesse as menslike aktiwiteite. Natuurlike oorsake
Menslike oorsake
Termiese kragstasies verbrand miljoene tonne steenkool per jaar. Die meeste kragstasies in Suid-Afrika word in Mpumalanga aangetref, aangesien die meeste steenkool hier voorkom. Dit is een van die grootste bronne van lugbesoedeling in Suid-Afrika. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog is gifgasse gebruik wat onskuldige mense en diere doodgemaak het. Die gevolge wat chemiese wapens vir die mens kan inhou, is in 'n koerantberig wat in Beeld van 11 Oktober 2001 verskyn het, uiteengesit:
Kernkragstasies kan baie gevaarlik vir die mens wees as daar probleme ontstaan. Hier kan ons dink aan die ontploffing by Tsjernobil in USSR (hedendaagse Oekraïne). Gevolge van lugbesoedeling1. Gesondheid: longsiektes en ander siektes soos asbestose. In 2001 het 7 000 Suid-Afrikaanse eisers 'n Britse asbesmaatskappy vir £20 miljoen (R300 miljoen) gedagvaar as vergoeding vir asbesverwante siektes wat hulle gekry het terwyl hulle in die maatskappy se asbesmyne in Suid-Afrika gewerk het. 2. Suurreën Suurreën is een van die komplekse probleme van die moderne lewe. Sommige van die gasse in die rook van kragsentrales en fabrieke meng met die reëndruppels in die lug. Wanneer dit dan reën, maak die chemikalieë die reën suur. Wanneer dit oor riviere en mere reën, kan die suurreën die waterplante en -diere doodmaak. Dit beskadig ook woude, plantasies en landdiere, en vreet selfs aan geboue. Hierdie neerslag van sure geskied ook deur sneeu, hael en mis en word dit nat neerslae genoem. Wanneer dit in 'n droë gasvorm geskied, word dit droë neerslag genoem. Gevolge van suurreën:
3. Rookmis (smog) Rookmis ontstaan oor stede waar die rook met die mis meng. In 1952 het dr. S.R. Craxford, die destydse minister van omgewingsake in Brittanje, die dood van 4 000 mense in Londen aan rookmis toegeskryf. Hierdie rookmis het twee weke lank voortgeduur. In 1956 het 'n drie dae lande rookmis oor Londen die dood van meer as 1 000 mense veroorsaak en gelei tot die instelling van die Skoonlugwet van 1956. In 1953 sterf 260 mense in New York en in 1970 word 8 000 mense in Japan siek as gevolg van rookmis. 4. Verandering in die temperatuur Verskeie faktore dra by om die temperatuur van plekke te bepaal. Hierdie faktore sluit in:
KweekhuiseffekDie son se strale kom in kort golwe na die aarde en verhit die aarde. Die hitte van die son word deur die grond en water geabsorbeer. Die aarde straal weer hierdie hitte in die vorm van lang golwe terug na die ruimte. Sekere gasse in die atmosfeer laat straling deur na die aarde maar verhoed dat teruggestraalde hitte in die ruimte verlore gaan. Hierdie verskynsel staan bekend as die kweekhuiseffek. Sonder die kweekhuiseffek sou die atmosfeer 30°C kouer gewees het. Die mens is besig om teen 'n geweldige tempo al hoe meer koolstofdioksied en chlorofluoorkoolstowwe in die atmosfeer vry te stel, wat veroorsaak dat die temperatuur van die atmosfeer met 0,4% per jaar styg. Aardverwarming
Daar word geprojekteer dat die temperatuur gedurende die volgende eeu tussen 1,4°C en 5,8°C sal styg. Dit kan veroorsaak dat die ys by die pole begin smelt, wat tot 'n styging in die seevlak kan lei. Wetenskaplikes voorspel 'n styging van tussen 1m en 6m. Hulle bespiegel ook dat die weer meer intens sal raak: warm lande sal hoër somertemperature hê, kouer lande sal kouer wintertemperature hê, daar sal meer vloede voorkom en droogtes sal langer duur. Die gevolge hiervan sal 'n afname in oeste, 'n toename in tropiese siektes, die uitsterf van sekere spesies, verwoestyning en uiterste weerstoestande wees. |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.