|
Article on other languages: |
'n Lugdraad (ook antenne) is 'n elektroniese komponent vir die stuur en ontvang van radiogolwe en ander elektromagnetiese golwe. Wanneer 'n elektriese stroom in 'n geleier vloei ontstaan daar 'n magnetiese veld om die geleier en wanneer daar 'n spanningsverskil tussen twee punte bestaan dan is daar 'n elektriese veld tussen die twee punte. Die elektriese en magneties velde kan dan op hulle beurt weer 'n stroom in 'n ander nabygeleë stroombaan opwek. 'n Antenne is dan 'n geleier wat doelbewus so ontplooi word sodat elektromagnetiese velde as gevolg van die wisselende stroom in, en spanning oor, die geleier vrylik om die geleier kan uitsprei. 'n Antenne kan so gevorm word dat dit die elektromagnetiese veld in 'n spesifieke rigting fokus. In teenstelling met antennes probeer 'n mens meestal in elektronika om elektromagnetiese velde te beperk binne in 'n kas of 'n kabel sodat die velde nie ander stroombane kan beïnvloed nie. Een van die mees basiese antennes is 'n dipool. Dit bestaan uit 'n geleier wat so lank is as 'n halfgolflengte van die frekwensie van belang. Dit vorm 'n baie doeltreffende eenvoudige antenne. Eienskappe van goeie antennes'n Doeltreffende antenne het die volgende eienskappe:
Populêre antennesDie dipoolDipole is van die eenvoudigste doeltreffende antennes beskikbaar. 'n Basiese dipool is so lank as een halwe golflengte van die frekwensie waarvoor dit ontwerp is. Om 'n dipool se prestasie te verbeter kan dit gekombineer word met elemente wat die sein weerkaats of fokus. Die golflengte in vrye ruimte kan bereken word met die volgende vergelyking.
waar
Article keywords: antenne satellite, antenne bayern chat, antenne 2, antenne wlan, antenne bayern.de, gps antenne, antenne chat, antenne satellite suisse, antenne reunion, |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.