|
Article on other languages:
|
Algerië is 'n groot Noord-Afrikaland. Dit vorm saam met Marokko en Tunisië, waartussen dit lê, die Maghreb. In die suide grens dit, van wes na oos, aan die Wes-Sahara, Mauretanië, Mali, Niger en Libië. Die Middellandse See vorm die noordgrens. Algerië is 'n voormalige kolonie van Frankryk. Op 5 Julie 1962 word Algerië onafhanklik. Die hoofstad is Algiers. Die meeste mense woon in die breë, bergagtige kusstrook. In die suide is 'n deel van die noordelike Sahara. Die oorheersende godsdiens is Islam, maar die land het ook 'n klein persentasie Christene.
Onlangse geskiedenisSedert 1992 beveg die Algerynse regering diverse groepe Islamitiese ekstremiste. Veral deur terreuraksies van hierdie groepe, het tienduisende mense in dorpe en stede in die noorde van Algerië gesterf. Ook tans duur hierdie aanslae voort. Dié land ly ook onder werkloosheid, watertekort en behuisingsnood. In 2003 is die noorde deur 'n swaar aardbewing getref. GeografieDataBasisgegevens
Bevolking
BestuurAlgerië is 'n republiek. Die parlement bestaat uit 'n nasionale vergadering van 389 lede wat elke 5 jaar verkies word, en 'n nasionaleraad met 96 indirek gekose en 48 deur die president benoemde lede; elke 3 jaar word die helfte van die leden gekies. Die president word elke 5 jaar regstreeks gekies.
Ekonomie
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.