Alexander die Grote op sy perd Bucephalus (mosaïek oor die Slag van Issos 333 v.C.)
Alexander die Grote (26 Julie356 v.C. - 10 of 13 Junie 323 v.C.) was koning van Macedonië. Hy het die strydende Griekse stadstate verenig en het Persië, Egipte en aantal ander koninkryke verower tot en met die grense van Indië. Naas Genghis Khan is Alexander die tweede grootste veroweraar van grondgebied.