|
Article on other languages:
|
Die Kerk van die Verlosser op Bloed is deur Aleksander III laat bou op die plek waar sy pa, Aleksander II, in ’n sluipmoordaanval gesterf het
Aleksander II Nikolajewitsj (Russies: Александр II Николаевич) (Moskou, 29 April 1818 — Sint Petersburg, 13 Maart 1881) was van 1855 tot met sy sluipmoord in 1881 tsaar van Rusland.
BewindAleksander II se hervormings het groot byval gevind. Hy begenadig in 1856 die Dekabriste en skaf in 1861 lyfeienskap af, wat hom die bynaam "Bevryder van Rusland" besorg. Dit word egter veral uit ekonomiese oorwegings gedoen. Aleksander wil ’n groot klas onafhanklike en selfstandige boere skep en daarnaas ’n groep mense wat Rusland se nywerheidsbehoeftes kan bevredig. Hy voer ook gedeeltelike selfbestuur in met die skep van zemstwo's. Dit word egter net in die sentrale dele gedoen omdat Aleksander bang is dit versterk die separatistiese idees in die grensgebiede. Hy verbeter ook regspraak, verslap sensuur en verkort in 1859 die diensplig in die leër van 25 tot 15 jaar. Hy voer ook hervormings deur in die onderwys. Danksy hom word in die 1860's nuwe universiteite gestig. Tussen 1867 en 1869 voer hy kerklike hervormings deur. Die "Tsaar-bevryder" bring ook ’n einde aan die willekeur van die burokrasie en polisie. So verander hy Rusland geleidelik van ’n polisiestaat in ’n regstaat geskoei op die Europese model. Ná die tweede Poolse opstand in 1863, wat hy hardhandig onderdruk, word sy politiek behoudender. Tydens sy bewind is Rusland se grondgebied aansienlik uitgebrei, veral in Asië. Die tsaar bedwing die opstandige stamme van die Kaukasus. Die toenemende aanslae van die nihiliste beantwoord hy met streng polisiemaatreëls. Terselfdertyd laat hy egter ’n soort grondwet ontwerp wat verteenwoordiging van die zemstvo's in die regering moontlik maak. Die dag waarop hy die plan goedkeur, sterf hy ná ses mislukte aanslae in ’n sluipmoordaanval deur die rewolusionêre Narodnaja Wolja. Sy beleidrigtings was taamlik teenstrydig, en dit het veroorsaak dat die konserwatiewe hom te liberaal gevind het en die liberale te konserwatief. Hy word opgevolg deur sy meer konserwatiewe seun Aleksander III. Huwelik en kindersAleksander was sedert 1841 getroud met Marie van Hesse-Darmstadt (Maria Aleksandrowna), dogter van Lodewyk II van Hesse-Darmstadt. Uit die huwelik is agt kinders gebore:
Verwysings
Literatuur
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.