Alaska (Engels: state of alaska; Russies: Аляcка) is 'n deelstaat van die Verenigde State van Amerika aan die Noordweskus van Noord-Amerika. Dit is die grootste deelstaat met 'n oppervlakte van 1,717,855 vierkante kilometers. Alaska se hoofstad is Juneau en die grootste stad is Anchorage. Dit word in die noorde deur die Arktiese Oseaan, in die ooste deur Kanada (provinsies: Yukon en Brits-Kolombië), in die suide deur die noordelike Stille Oseaan, en in die weste deur die Bering Seestraat begrens. Dit is die 49de deelstaat wat tot die Unie toegelaat was.
Alaska se bynaam is Die Laaste Landgrens (Engels: The Last Frontier). Die woord Alaska kom van die Alleutalaxsxaq, wat 'die vasteland' beteken.