|
Article on other languages:
|
Afbakeningsknoeiery (Engels: Gerrymandering) is 'n opspraakwekkende vorm van herafbakening waarin stemwyke verstel word om 'n voordeel tydens verkiesing te verkry, en word gewoonlik gedoen deur ampsbekleëers van 'n politieke party. Die term kan ook gebruik word om 'n spesifieke ras-, taal-, geloof- of standgroep te bevoordeel. Oorsprong van die termDie term is vernoem na 'n vroeë goewerneur van Massachusetts, Elbridge Gerry. In 1812 het die wetgewende mag van Massachusetts die distriksgrense verander om die Jeffersonse Republikeinse party se kandidate te bevoordeel. Twee verslaggewers het na die nuwe verkiesingskaart gekyk, en die een het genoem hoe die nuwe distrikte soos 'n salamander gelyk het. Die ander het teruggekap dat dit eerder soos 'n "Gerry-mander" lyk. Van daar af het die naam vasgehaak, en word nou oral deur politieke wetenskaplikes gebruik. Eksterne skakels |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.