Poll without page-refresh
Article on other languages:
3 Januarie is die derde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender . Daar volg nog 362 dae in die res van die jaar (363 in skrikkeljare ).
Gebeure
236 - Pous Fabianus volg Pous Anterus op.
936 - Pous Leo VII volg Pous Johannes XI op.
1496 - Leonardo da Vinci poog onsuksesvol om 'n "vliegmasjien " te laat vlieg.
1521 - Pous Leo X verban Martin Luther uit die Katolieke Kerk .
1749 - Benning Wentworth begin om die New Hampshire Grants uit te reik op land waarop die provinsie van New York ook aanspraak maak, en wat tans Vermont is.
1815 - Oostenryk , die Verenigde Koninkryk , en Frankryk smee 'n geheime verdedigingsbondgenootsooreenkoms teen Pruise en Rusland .
1833 - Die Verenigde Koninkryk verkry beheer oor die Falkland-eilande in die Suid-Atlantiese oseaan .
1857 - Cape Argus verskyn die eerste keer in Kaapstad , en wel as oggendblad.
1888 - The 91 cm refraktorteleskoop by Lick Observatory , op daardie stadium die grootste teleskoop ter wêreld, word in gebruik geneem.
1925 - Benito Mussolini kondig sy diktatorskap van Italië aan.
1926 - Generaal Theodorus Pángulos benoem homself die diktator van Griekeland .
1957 - Die Hamilton-horlosiemaatskappy onthul die wêreld se eerste elektriese horlosie .
1958 - Tien voorheen Britse kolonies in die Karibies smelt saam om 'n nuwe onafhanklike land, die Wes-Indiese Federasie , te vorm.
1959 - Alaska word die 49ste staat van die Verenigde State .
1961 - Die VSA verbreek diplomatieke betrekkings met Kuba .
1961 - 'n Kernreaktor naby Idaho Falls, Idaho smelt en drie werkers sterf weens bestralingsblootstelling (wat later onder beheer gekry word.)
1962 - Pous Johannes XXIII verban Fidel Castro .
1973 - George Steinbrenner en 'n groep beleggers koop die New York Yankees vir 10 miljoen dollars .
1990 - Generaal Manuel Noriega , die onttroonde "Sterkman van Panama ", gee oor.
1994 - 'n Aeroflot -straalvliegtuig stort neer, kort nadat dit opgestyg het vanaf Irkhutsk, in Rusland , en 125 mense, insluitende een op die grond, sterf.
2004 - 'n Boeing 737 -vliegtuig van Flash Airlines , 'n Egiptiese lugredery, stort neer in die Rooi See , en al 148 mense aan boord sterf.
2004 - 'n Afstandaangedrewe verkenningsvoertuig van NASA , maak 'n suksesvolle landing op Mars .
Geboortes
Sterftes
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae