1744: Die Nederlandse owerheid dwing die Morawiese sendeling George Schmidt van Genadendal om die Kaap te verlaat deur hom te verbied om die doop te bedien.
1807: Londen word die wêreld se eerste stad met gasbeligting.
1846: Die Susan, die eerste van 19 skepe wat 4 185 kontrak-immigrante binne vyf jaar na die Kaapkolonie sou bring, kom in die Kaap aan.
1855 - 'n Lokomotief op die Panamaspoorweg voltooi die wêreld se eerste transkontinentale oorkruising.
1986: Die NASA-ruimtependeltuig, Challenger, ontplof 73 sekondes na lansering vanaf Cape Canaveral op die tuig se tiende sending. Al sewe bemanningslede sterf.