1945 - Die Rooileër bevry 7 500 gevangenes wat deur Nazi-personeel in die Auschwitz-konsentrasiekampe in Oświęcim (Duits: Auschwitz), Pole agtergelaat is.
1951 - Kerntoetse begin by die Nevada-Toetsterrein met 'n een-kiloton bom wat op Frenchman Flats laat val is.
1967: Die Apollo 1-ruimtetuig word deur 'n brand vernietig by die Kennedy-Ruimtesentrum. Ruimtevaarders Gus Grissom, Edward White en Roger Chaffee sterf in die voorval.
1973: In Parys word ooreenkomste onderteken om die Viëtnam-oorlog te beëindig.
1996: Die bewind van Nigerië se eerste demokraties verkose president, Mahamane Ousane, word in 'n staatsgreep omvergewerp. Kol. Barne Mainassara Ibrahim word die staatshoof.
1998: Oud-pres. F.W. de Klerk erken 'n verhouding met Elita Georgiades, die vrou van 'n Griekse sakeman.
1888 - Die National Geographic Society, uitgewer van die National Geographic tydskrif, word gestig.
2002: Meer as 1000 mense sterf en duisende word haweloos, toe bomontploffings in 'n weermagmagasyn in Lagos, Nigerië - per ongeluk deur 'n brand veroorsaak - tot massa-paniek lei.