1327 - Die tienderjarige Edward III word gekroon as Koning van Engeland, maar die land word deur sy ma Koningin Isabella en haar minnaar Roger Mortimer regeer.
1924 - Die eerste Winter Olimpiese Spele open teen die voet van Mont Blanc in Chamonix, Frankryk.
1971 - Generaal Idi Amin neem mag in Uganda oor van Eerste Minister Milton Obote en begin daarmee agt jaar van militêre regering.
2004 - Marsverkenningsvoertuig Opportunity land op Mars en rol in die Eagle krater in, 'n klein krater op die Meridiani Planum.