2007 - 'n Nuwe geotermiese kragstasie (sien ook: Geotermiese energie) in Landau / Duitsland word in gebruik geneem. Dit lewer 22 MW geotermiese krag en ± 2.5 MW elektriese krag wat genoeg elektrisiteit vir sowat 6000 huishoudings is. Vêrder word die 160°C warm water uit 'n diepte van 3000m nie net gebruik om elektrisiteit optewek nie, maar ook om in die koue wintersdae die huise te verwarm.