1796 - Die hoofstad van Bo-Kanada word geskuif van Newark (nou Niagara-on-the-Lake) na York (nou Toronto), wat as minder kwesbaar vir aanvalle uit VSA geoordeel is.
1884 - Die eerste bundel van die Oxford English Dictionary word gepubliseer.
1946 - Noorweegse politikus Trygve Lie word verkies as die eerste VN Sekretaris-Generaal.
1958 - Egipte en Sirië smelt saam om die Verenigde Arabiese Republiek te vorm.
2003 - Die NASA Ruimtependeltuig Columbia disintegreer bo Texas tydens terugkeer in die aarde se atmosfeer op die tuig se 28ste en finale sending.