1876 - Elisha Gray en Alexander Graham Bell doen elkeen aansoek om 'n patent vir die telefoon.
1879 - Chileense magte beset die Boliviese hawe Antofagasta, en bring die Stille Oseaan Oorlog teweeg.
1945 - Die RAF Bomkommandoment begin die strategiese bombardering van Dresden in Sakse, Duitsland, wat lei tot 'n noodlottige vuurstorm waarin tiene-duisende burgerlikes sterf.
1989 - 'n Fatwa word uigevaardig vir die teregstelling van Salman Rushdie, die outeur van The Satanic Verses, 'n roman wat as "lasterlik teenoor Islam" beskou is.
1989 - Die eerste satelliet in die satellietkonstellasie van die GPS-stelsel word in 'n wentelbaan om die aarde geplaas.